DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Hou aan om jou denkvermoë te oefen
’n Atleet moet aanhou om sy spiere te oefen om fiks te bly. Net so moet ons aanhou om hard te werk om ons denkvermoë te oefen en te behou (Heb 5:14). Hoewel ons dalk geneig is om dieselfde besluite as ander te maak, moet ons leer hoe om vir onsself te dink en besluite te maak. Hoekom? Want elkeen van ons sal volgens ons eie besluite geoordeel word. – Ro 14:12.
Ons moenie dink dat ons goeie besluite sal maak net omdat ons al jare lank gedoop is nie. Om wyse besluite te maak, moet ons ten volle op Jehovah, sy Woord en sy organisasie vertrou. – Jos 1:7, 8; Spr 3:5, 6; Mt 24:45.
KYK NA DIE VIDEO “BEHOU ’N GOEIE GEWETE”, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
-
Watter besluit moes Emma maak?
-
Hoekom moet ons dit vermy om ons persoonlike opinies oor gewetensake te gee?
-
Watter wyse raad het ’n egpaar vir Emma gegee?
-
Waar het Emma inligting gekry wat haar met haar situasie kon help?