LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING | VERGROOT JOU VREUGDE IN DIE BEDIENING
Gebruik ons navorsingshulpe
Jehovah gee vir ons hulpmiddele om doeltreffend te onderrig, soos video’s, pamflette, tydskrifte, brosjures, boeke en ons vernaamste hulpmiddel, die Bybel (2Ti 3:16). Hy gee ons ook navorsingshulpe wat ons kan help om Bybeltekste te verduidelik. Dit sluit die Watchtower Library, die app JW Library®, die Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK en die Navorsingsgids vir Jehovah se Getuies in.
Dit sal vir jou vreugde bring as jy al die hulpmiddele gebruik wat aan jou beskikbaar is om dieper navorsing in die Bybel te doen. Maak seker dat jy jou studente leer hoe om die hulpmiddele te gebruik. Dan sal hulle ook die vreugde ervaar om antwoorde op hulle eie Bybelvrae te vind.
KYK NA DIE VIDEO ERVAAR DIE VREUGDE VAN DIE DISSIPELMAAKWERK – AANVAAR JEHOVAH SE HULP – NAVORSINGSHULPE, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
-
Watter beswaar het Jade oor die skepping gehad?
-
Waar het Neeta inligting oor die onderwerp gekry?
-
Hoe het sy die inligting gekies wat die beste van toepassing was op Jade?
-
Watter uitwerking het dit op Neeta gehad toe sy ons navorsingshulpe gebruik het?