DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Verkondig die goeie nuus dat ’n beter wêreld naby is!
Gedurende November sal ons ’n spesiale poging aanwend om die goeie nuus te verkondig dat ’n beter wêreld naby is (Ps 37:10, 11; Op 21:3-5). Pas jou rooster aan om ten volle deel te neem aan hierdie kampanje. As jy as ’n hulppionier vir hierdie maand gaan dien, kan jy kies of jy 30 of 50 uur wil doen.
Berei voor om ’n teks oor die nuwe wêreld vir soveel mense as moontlik te lees. Wanneer jy ’n Bybelteks kies, dink aan wat die mense in jou gebied se hart sal raak. As iemand by die eerste besoek belangstel, gee vir hom ’n kopie van die publieke uitgawe van Die Wagtoring, nr. 2 2021. Dan moet jy so gou as moontlik na die belangstellende teruggaan en probeer om ’n Bybelstudie te begin deur die brosjure Geniet die lewe vir ewig! te gebruik. Ons is baie bly om besig te wees om die “goeie nuus van iets beters [te] bring”! – Jes 52:7.
KYK NA DIE VIDEO VAN DIE BROADCASTING-LIEDJIE IN DIE NUWE WÊRELD, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
-
Watter wonderlike toekoms stel die dogtertjie haar voor?
-
Waarna sien jy veral uit in die nuwe wêreld?
-
As jy oor jou hoop nadink, hoe kan dit jou help om voor te berei om ’n volle deelname aan die November-kampanje te hê? – Lu 6:45.