Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Gebruik Geniet die lewe vir ewig! in jou bediening

Gebruik Geniet die lewe vir ewig! in jou bediening

Ons is baie opgewonde om ’n nuwe brosjure en boek te hê om Bybelstudies te hou! Ons bid tot Jehovah om ons pogings te seën om nog baie meer dissipels te maak (Mt 28:18-20; 1Kor 3:6-9). Hoe moet ons die nuwe hulpmiddele gebruik?

Omdat die Bybellesse in Geniet die lewe vir ewig! ’n nuwe manier van onderrigting is, moet jy die volgende stappe volg wanneer jy vir ’n Bybelstudie voorberei en dit hou. *

  • Lees die materiaal, en bespreek die vrae

  • Lees die “lees”-tekste, en help die student om die toepassing daarvan te verstaan

  • Speel en bespreek die video’s deur die vrae te gebruik wat gegee word

  • Probeer om elke les in een sessie te dek

In die bediening bied eers die brosjure aan om vas te stel of die persoon belangstel. (Sien die venster “ Hoe om die brosjure Geniet die lewe vir ewig! by die eerste besoek aan te bied”.) As julle die brosjure klaarmaak en die student verder wil gaan, bied dan die boek aan en begin by les 04. As jy reeds die Leer ons-boek of die God se liefde-boek met iemand studeer, gaan oor na die Geniet die lewe vir ewig!-boek en besluit waar om te begin.

KYK NA DIE VIDEO WELKOM BY JOU BYBELSTUDIE, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Wat sal studente uit die nuwe boek leer?

  • Hoekom moet jy hierdie video vir nuwe studente wys?

  • Watter doelwitte moet jy die student gereeld aanmoedig om te stel en te bereik? – Sien die tabel “ Doel van elke deel en doelwitte vir die student

^ par. 4 LET WEL: Hoewel die “Leer meer”-deel opsioneel is tydens die studie, neem tyd om elke item te lees of te kyk terwyl jy voorberei. Dan sal jy weet waarvan jou student veral sal hou en wat hom of haar sal help. Die elektroniese weergawe sluit skakels na die video’s en ekstra materiaal in.

 DOEL VAN ELKE DEEL EN DOELWITTE VIR DIE STUDENT

 

LESSE

DOEL

DOELWITTE VIR DIE STUDENT

1

01-12

Dink aan hoe die Bybel jou kan help en hoe jy die Skrywer daarvan kan leer ken

Moedig die student aan om die Bybel te lees, vir die studie voor te berei en vergaderinge te begin bywoon

2

13-33

Vind uit wat God vir ons gedoen het en watter soort aanbidding hy aanvaar

Motiveer die student om vir ander van die waarheid te vertel en om ’n verkondiger te word

3

34-47

Kyk na wat God van sy aanbidders verwag

Motiveer die student om sy lewe aan Jehovah toe te wy en om gedoop te word

4

48-60

Vind uit hoe om in God se liefde te bly

Leer die student hoe om tussen reg en verkeerd te onderskei en om geestelike vordering te maak