DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Die huwelik – ’n Lewenslange verhouding
Christenhuwelike wat suksesvol is, eer Jehovah en maak ’n man en vrou baie gelukkig (Mr 10:9). Om ’n lang, gelukkige huwelik te hê, moet Christene Bybelbeginsels volg wanneer hulle ’n huweliksmaat kies.
Wag totdat jy “verby die bloei van die jeug” is voordat jy met iemand uitgaan (1Kor 7:36). Dit is ’n tyd wanneer sterk seksuele begeertes dit vir jou moeilik kan maak om goeie besluite te neem. Maak goed gebruik van jou ongetroude lewe om jou verhouding met God te versterk en Christelike eienskappe te ontwikkel. Dan sal jy in ’n beter posisie wees om ’n suksesvolle huwelik te hê.
Voordat jy met iemand trou, neem soveel tyd as wat nodig is om “die geheime persoon van die hart” te leer ken (1Pe 3:4, vtn). As jy ernstige twyfelgedagtes het, bespreek dit met jou potensiële huweliksmaat. Net soos met enige ander verhouding, moet jy in die huwelik meer fokus op wat jy kan gee as wat jy daaruit kan kry (Flp 2:3, 4). As jy Bybelbeginsels toepas voordat jy trou, sal dit vir jou makliker wees om dit te doen nadat jy getroud is sodat jy ’n gelukkige huwelik kan hê.
KYK NA DIE VIDEO BEREI VOOR VIR DIE HUWELIK – DEEL 3: ‘BEREKEN DIE KOSTE’, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
-
Hoe was die suster se verhouding met Shane aan die begin?
-
Wat het sy agtergekom toe sy hom beter leer ken het?
-
Hoe het haar ouers haar gehelp, en watter wyse besluit het sy gemaak?