Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Wees oortuig dat jy ekonomiese probleme kan hanteer

Wees oortuig dat jy ekonomiese probleme kan hanteer

Die lewe in die laaste dae is vol uitdagings. Omdat die einde van hierdie wêreldstelsel al hoe nader kom, sal daar beslis meer probleme wees. Soms sal ons nie sekere materiële dinge hê nie (Hab 3:16-18). Wat sal ons help om ekonomiese probleme te hanteer? Ons moet aanhou om op ons God, Jehovah, te vertrou. Hy het belowe om vir sy knegte te sorg, en hy kan in enige omstandighede in ons behoeftes voorsien. – Ps 37:18, 19; Heb 13:5, 6

Wat jy kan doen:

  • Smeek Jehovah vir leiding, wysheid en sy ondersteuning. – Ps 62:8

  • Wees bereid om werk te aanvaar wat jy dalk nie voorheen gedoen het nie. – g 1/10 8-9, vensters

  • Bly by ’n geestelike roetine, insluitende om God se Woord elke dag te lees, om vergaderinge by te woon en om velddiens te doen

KYK NA DIE VIDEO BOU ’N HUIS WAT SAL BLY STAAN — WEES “TEVREDE MET DIE TEENWOORDIGE DINGE”, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Watter uitdagings het party families gehad?

  • Wat is die belangrikste ding in die lewe?

  • Hoe kan ons ander help wat ekonomiese probleme het?