Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Vind wysheid vir die daaglikse lewe op JW.ORG

Vind wysheid vir die daaglikse lewe op JW.ORG

God se Woord gee vir ons alles wat ons nodig het om die probleme in hierdie moeilike laaste dae te hanteer (2Ti 3:1, 16, 17). Maar soms het ons nog steeds hulp nodig om Bybelbeginsels te vind wat op ons spesifieke situasie van toepassing is. Byvoorbeeld, is jy ’n ouer wat raad soek oor hoe om kinders groot te maak? Is jy ’n tiener wie se geloof getoets word? Is jy hartseer omdat jou huweliksmaat gesterf het? Jy sal inligting op jw.org kry wat jou sal help om spesifieke Bybelbeginsels te vind oor hierdie en baie ander situasies. – Spr 2:3-6.

Op die tuisblad van jw.org kies die opsie BYBELLERINGE. (Sien prentjie 1.) Kies dan op die lys die kategorie waarin jy belangstel. Of kies BIBLIOTEEK > REEKS VAN ARTIKELS en dan die kategorie waarin jy belangstel. (Sien prentjie 2.) Jy kan dieselfde kategorieë op JW Library® kry. * Jy sal dit dalk geniet om net deur die artikels te kyk op albei plekke. Nog ’n opsie is om ’n spesifieke onderwerp te vind deur die soekfunksie op jw.org te gebruik.

Tik die volgende onderwerpe in die soekblokkie in, en maak ’n nota van die artikels wat jy graag wil lees.

  • Hoe om kinders groot te maak

  • Depressie onder tieners

  • Dood van ’n huweliksmaat

^ Vir party reekse is al die artikels op die oomblik net op jw.org beskikbaar.