Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Jehovah red dié wat mismoedig is

Jehovah red dié wat mismoedig is

Almal voel soms hartseer. Om hartseer te voel beteken nie dat ons nie op Jehovah vertrou nie. Selfs Jehovah het gewys dat hy ook soms hartseer voel (Ge 6:​5, 6). Maar wat as ons gereeld of selfs altyd baie hartseer voel?

Vra Jehovah vir hulp. Jehovah stel baie belang in ons verstandelike en emosionele gesondheid. Hy weet wanneer ons gelukkig is en wanneer ons hartseer is. Hy verstaan hoekom ons voel soos ons voel en dink soos ons dink (Ps 7:9b). En die belangrikste is, Jehovah gee om vir ons en kan ons help om hartseer of selfs depressie te hanteer. – Ps 34:18.

Beskerm jou verstand. Negatiewe emosies kan ons geluk asook ons aanbidding affekteer. Daarom moet ons ons hart beskerm – die hele innerlike persoon. – Spr 4:23.

KYK NA DIE VIDEO HOE ONS BROERS VREDE GENIET ONDANKS DEPRESSIE, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Watter praktiese dinge het Nikki gedoen om haarself te help om depressie te hanteer?

  • Hoekom het Nikki gevoel dat sy mediese hulp moet kry? – Mt 9:12

  • Op watter maniere het Nikki op Jehovah vertrou om haar te help?