Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Vertrou op Jehovah wanneer jy geboelie word

Vertrou op Jehovah wanneer jy geboelie word

Boelies kan vir ons fisiese en emosionele pyn veroorsaak. Hulle kan selfs ons verhouding met Jehovah verswak as ons bang word wanneer hulle ons aanbidding teëstaan. Hoe kan jy jouself teen ’n boelie beskerm?

Baie van Jehovah se knegte kon boelies suksesvol hanteer deur op Jehovah te vertrou (Ps 18:17). Ester het byvoorbeeld iets gesê om die planne van ’n slegte boelie met die naam Haman bekend te maak (Est 7:​1-6). Voor sy dit gedoen het, het sy gewys dat sy op Jehovah vertrou deur te vas (Est 4:​14-16). Jehovah het haar daarvoor geseën en het haar en sy volk beskerm.

Jongmense as julle geboelie word, vra Jehovah om julle te help en praat met ’n volwassene, soos byvoorbeeld julle ouers, oor julle probleem. Julle kan seker wees dat Jehovah julle sal help net soos hy Ester gehelp het. Wat kan julle nog doen om dit te hanteer as julle geboelie word?

KYK NA DIE VIDEO MY TIENERLEWE – HOE KAN EK DIT HANTEER WANNEER EK GEBOELIE WORD?, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Wat kan jongmense uit Charlie en Ferin se voorbeeld leer?

  • Wat kan ouers leer uit wat Charlie en Ferin gesê het oor hoe om kinders te help om ’n boelie te hanteer?