Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

2-⁠8 September

PSALM 79-81

2-⁠8 September

Lied 29 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)

SKATTE UIT GOD SE WOORD

1. Wys dat jy lief is vir Jehovah se glorieryke naam

(10 min.)

Moet niks doen wat oneer op Jehovah se naam bring nie (Ps 79:9; w17.02 9 ¶5)

Roep Jehovah se naam aan (Ps 80:18; ijwbv 3 ¶4-5)

Jehovah beloon dié ryklik wat deur hulle gehoorsaamheid wys dat hulle lief is vir sy naam (Ps 81:​13, 16)

Vir ons gedrag om eer op Jehovah se naam te bring, moet ons onsself as sy Getuies identifiseer

2. Geestelike skatte

(10 min.)

  • Ps 80:1 – Hoekom was Josef se naam soms gebruik om na al die stamme van Israel te verwys? (it-2-E 111)

  • Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?

3. Bybelleesgedeelte

LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING

4. Begin ’n gesprek

(1 min.) HUIS TOT HUIS. Bied ’n Bybelstudie aan (lmd les 4: Punt 4).

5. Begin ’n gesprek

(3 min.) INFORMELE GETUIENISWERK. Bied ’n Bybelstudie aan (lmd les 4: Punt 3).

6. Begin ’n gesprek

(2 min.) OPENBARE GETUIENISWERK. Bied ’n Bybelstudie aan (lmd les 3: Punt 3).

7. Volg op

(5 min.) HUIS TOT HUIS. Bied ’n Bybelstudie aan vir iemand wat nie in die verlede ’n Bybelstudie wou aanvaar nie (lmd les 8: Punt 3).

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Lied 10

8. “Hulle [sal] my naam heilig”

(15 min.) Bespreking.

Satan het Jehovah se naam in die tuin van Eden begin belaster. Van daardie tyd af, moes alle mense en engele besluit of hulle Jehovah se naam sal regverdig of nie.

Dink net aan ’n paar van die verskriklike leuens wat Satan oor Jehovah versprei het. Hy beskuldig Hom daarvan dat Hy ’n wrede en liefdelose heerser is (Ge 3:​1-6; Job 4:​18, 19). Hy sê dat Jehovah se aanbidders nie regtig lief is vir Hom nie (Job 2:​4, 5). Hy het selfs veroorsaak dat miljoene glo dat Jehovah nie die Skepper van hierdie pragtige wêreld om ons is nie. – Ro 1:​20, 21.

Hoe laat daardie leuens jou voel? Dit laat jou waarskynlik voel dat jy Jehovah wil verdedig! Hy het geweet dat sy volk sou wou help om sy naam te heilig. (Vergelyk Jesaja 29:23.) Hoe kan jy help?

  • Help ander om Jehovah te leer ken en lief te kry (Joh 17:​25, 26). Wees gereed om te bewys dat hy bestaan en om ander oor sy wonderlike eienskappe te leer. – Jes 63:7

  • Wees lief vir Jehovah met jou hele hart (Mt 22:​37, 38). Wees gehoorsaam aan Jehovah se bevele nie net omdat dit goed is vir jou nie, maar omdat jy Jehovah gelukkig wil maak. – Spr 27:11

Speel die VIDEO Liefde faal nooit ten spyte van . . . ’n Goddelose skoolomgewing. Vra dan vir die gehoor:

  • Hoe het Ariel en Diego Jehovah se naam verdedig?

  • Wat het hulle gemotiveer om Jehovah te verdedig?

  • Hoe kan jy hulle voorbeeld navolg?

9. Gemeentelike Bybelstudie

Slotkommentaar (3 min.) | Lied 90 en gebed