Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

7-13 Oktober

PSALM 92-95

7-13 Oktober

Lied 84 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)

SKATTE UIT GOD SE WOORD

1. Om Jehovah te dien is die beste manier om te lewe!

(10 min.)

Jehovah verdien ons aanbidding (Ps 92:​1, 4; w18.04 26 ¶5)

Hy help sy volk om die beste besluite te maak en om gelukkig te wees (Ps 92:5; w18.11 20 ¶8)

Hy waardeer dié wat hom nog steeds dien al is hulle oud (Ps 92:​12-15; w20.01 19 ¶18)

VRA JOU AF: ‘Wat keer my om my aan Jehovah toe te wy en gedoop te word?’

2. Geestelike skatte

(10 min.)

  • Ps 92:5 – Hoe beskryf hierdie woorde Jehovah se wysheid goed? (cl 176 ¶18)

  • Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?

3. Bybelleesgedeelte

LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING

4. Begin ’n gesprek

(4 min.) INFORMELE GETUIENISWERK. Skep ’n geleentheid om vir die persoon te vertel oor die werk wat jy as ’n Bybelonderrigter doen (lmd les 5: Punt 3).

5. Volg op

(3 min.) INFORMELE GETUIENISWERK. Bied ’n Bybelstudie aan vir ’n belangstellende wat nie in die verlede ’n Bybelstudie wou aanvaar nie (lmd les 8: Punt 4).

6. Maak dissipels

(5 min.) Bespreking met ’n Bybelstudent wat nie vordering maak nie (lmd les 12: Punt 5).

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Lied 5

7. Wanneer angstigheid jongmense oorweldig

(15 min.) Bespreking.

Dié wat Jehovah dien, word nie beskerm teen angs nie. Byvoorbeeld, Dawid het op verskillende tye in sy lewe angstig gevoel en baie van ons broers voel vandag dieselfde (Ps 13:2; 139:23). Ongelukkig kan selfs jongmense angstig voel. Soms kan angs veroorsaak dat die dinge wat ons gewoonlik doen ons oorweldig, soos om skool toe te gaan en vergaderinge by te woon. Dit kan selfs tot paniekaanvalle en selfmoordgedagtes lei.

Jongmense as julle ooit oorweldig voel deur angstigheid, praat met ’n ouer of ’n volwassene. Maak seker dat jy ook Jehovah vir hulp vra (Flp 4:6). Hy sal jou help (Ps 94:​17-19; Jes 41:10). Kyk na Steing se voorbeeld.

Speel die VIDEO Jehovah het vir my gesorg. Vra dan vir die gehoor:

• Watter Bybelvers het Steing gehelp, en hoekom?

• Hoe het Jehovah vir hom gesorg?

Ouers julle kan julle kinders help om angstigheid te hanteer deur geduldig na hulle te luister, deur vir hulle te wys dat julle hulle liefhet en deur hulle te help om vertroue in Jehovah se liefde op te bou (Tit 2:4; Jak 1:19). Vertrou op Jehovah om julle die vertroosting en krag te gee wat julle nodig het om julle kinders te ondersteun.

Ons weet dalk nie wanneer iemand in die gemeente met angstigheid sukkel nie of ons verstaan dalk nie hoe hy voel nie. Maar ons kan nog steeds help deur almal in die gemeente te aanvaar en hulle te laat voel dat ons hulle liefhet. – Spr 12:25; Heb 10:24.

8. Gemeentelike Bybelstudie

Slotkommentaar (3 min.) | Lied 81 en gebed