Wat sal God se Koninkryk tot stand bring?
Die Bybel se antwoord
God se Koninkryk sal alle menseregerings vervang en oor die hele aarde regeer (Daniël 2:44; Openbaring 16:14). Wanneer dit gebeur, sal God se Koninkryk . . .
Die goddeloses verwyder, wie se selfsug ons almal leed aandoen. “Wat die goddeloses betref, hulle sal van die aarde af uitgeroei word.”—Spreuke 2:22.
’n Einde maak aan alle oorloë. “[God] laat oorloë ophou tot aan die einde van die aarde.”—Psalm 46:9.
Voorspoed en veiligheid op die aarde bewerkstellig. “Elkeen [sal] onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom sit, en daar sal niemand wees wat hulle laat bewe nie.”—Miga 4:4.
Die aarde in ’n paradys omskep. “Die wildernis en die waterlose streek sal jubel, en die woestynvlakte sal bly wees en bloei soos die saffraan.”—Jesaja 35:1.
Almal van sinvolle, aangename werk voorsien. “Die werk van hulle eie hande sal [God se] uitverkorenes ten volle benut. Hulle sal nie verniet swoeg nie.”—Jesaja 65:21-23.
Siekte uitwis. “Geen inwoner sal sê: ‘Ek is siek’ nie.”—Jesaja 33:24.
Ons bevry van die verouderingsproses. “Laat sy vlees frisser word as in die jeug; laat hy terugkeer na die dae van sy jeugdige krag.”—Job 33:25.
Die dooies opwek. ‘Almal wat in die gedenkgrafte is, sal Jesus se stem hoor en uitkom.’—Johannes 5:28, 29.