Spring na inhoud

Heather Broccard-Bell/iStock via Getty Images

IS DIT ONTWERP?

Die dop van die diaboliese klipharde kewer

Die dop van die diaboliese klipharde kewer

 Die diaboliese klipharde kewer (Phloeodes diabolicus) kom in die weste van Noord-Amerika voor. Volgens navorsers kan hierdie kewer ’n vrag wat omtrent 39 000 keer swaarder as sy eie liggaamsgewig is, weerstaan en selfs oorleef as ’n kar oor hom ry. Hoe kan hierdie kewer onder soveel druk oorleef?

 Die boonste en onderste dele van die kewer se dop is by riwwe aan elke kant aanmekaargebind. Een soort rif weerstaan dit om onder druk misvorm te word, wat belangrike organe beskerm. ’n Ander soort is minder styf, wat dit makliker maak om te misvorm. ’n Derde soort rif laat toe dat die oppervlak van die kewer se dop kan beweeg. Die feit dat hierdie derde soort rif so buigsaam is, laat toe dat die insek onder ’n boom se bas kan indruk of in klein spasies tussen klippe kan wegkruip.

 En die naat in die middel van die kewer se dop het dele wat uitsteek wat bymekaar inpas soos stukkies van ’n legkaart. Op hierdie manier word enige gewig wat bo-op die dop geplaas word, versprei. Die dele bestaan uit lae wat deur proteïene bymekaargehou word. Wanneer dit saamgepers word, vorm die proteïene klein krakies wat uiteindelik gesond word. Dit laat die dele toe om die druk te absorbeer sonder om uitmekaar te val.

Die dele in die middel van die kewer se dop pas bymekaar in soos stukkies van ’n legkaart

Die rooi pyltjies wys na ondersteunende riwwe wat die boonste en onderste dele van die kewer se dop aanmekaarbind. Die grys pyltjie wys na die dele by die naat in die middel wat bymekaar inpas

 Navorsers sê dat hierdie kewer se dop tot veiliger ontwerpe vir strukture kan lei wat druk of impak moet weerstaan, soos voertuie, brûe en geboue.

 Wat dink jy? Het die dop van die diaboliese klipharde kewer deur evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?