Juwele van ’n ander soort word in Botswana vertoon
Vanaf 22 tot 28 Augustus het Jehovah se Getuies in Botswana, waar die rykste diamantmyn op die aarde is, juwele van ’n ander soort by ’n skou vertoon. Hulle stalletjie het Bybellektuur vertoon, die mense se aandag gevestig op die webwerf jw.org en video’s gewys wat mense help om hulle gesinslewe te versterk.
Ouers en kinders wat die stalletjie besoek het, was baie gefassineerd deur die geanimeerde reeks Word Jehovah se vriend, wat mense leer hoe om Bybelwaarhede in hulle lewe toe te pas. Tswana is Botswana se nasionale taal en omdat daar min geanimeerde video’s in hierdie taal beskikbaar is, het baie mense gevra hoe hulle hierdie video’s kan kry.
Die besoekers wat van regoor die land gekom het, het omtrent 10 000 stukke lektuur geneem, en 120 mense het vir ’n gratis tuisbybelstudie gevra. Baie was beïndruk dat die Getuies van Engelse sowel as Tswana gemeentes saamgewerk het by die skou.
Toe die skou se bestuurders die stalletjie en uitstallings beoordeel het, het Jehovah se Getuies eerste prys gekry.