Spring na inhoud

Fotogalery 2 van Wallkill (November 2014 tot November 2015)

Fotogalery 2 van Wallkill (November 2014 tot November 2015)

Jehovah se Getuies het onlangs hulle fasiliteite in Wallkill, New York, uitgebrei en opgeknap. Hierdie fotogalery wys hoe die werk tussen November 2014 en November 2015 gevorder het.

Lugfoto van die Wallkill-kompleks op 15 Oktober 2015.

  1. Drukkery

  2. Kantoorgebou 1

  3. Woongebou E

  4. Eetkamer

  5. Wassery- en droogskoonmaakfasiliteite

  6. Kantoorgebou 2

  7. Woongebou D

4 Desember 2014—Kantoorgebou 2

Die ingang van die nuwe kantoorgebou word voorberei vir plaveisel en sodat die tuin uitgelê kan word. Die sypaadjie links onder in die foto word verhit sodat dit nie in die winter glad en gevaarlik is nie. In hierdie gebou is die Bethelkantoor en die kantore vir die Takkomitee en die Diensafdeling.

5 Desember 2014—Woongebou D

’n Werker gebruik ’n masjien om die vloere glad te skuur voordat die vloerbedekking geïnstalleer kan word. Die masjien is gekoppel aan ’n stofsuier om te keer dat die lug nie te stowwerig raak nie.

9 Januarie 2015—Woongebou E

Die voorportaal is opgeknap om besoekers asook die meer as 200 Betheliete wat in Woongebou E woon, welkom te laat voel. As deel van die opknapping van hierdie gebou is energiebesparende vensters en ’n nuwe brandalarm-stelsel geïnstalleer.

9 Februarie 2015—Drukkery

’n Tegnikus installeer bedrading in telekommunikasie-toerusting vir die nuwe Tegniese Opleidingsfasiliteit. Hierdie fasiliteit is ontwerp om aan werkers die nodige opleiding te gee in veiligheid, om as loodgieters te kan werk en om elektriese instandhouding te kan doen.

17 Februarie 2015—Drukkery

’n Elektrisiën installeer LED-beligting in die nuwe fasiliteit van die Tegniese Opleidingsafdeling.

2 Maart 2015—Kantoorgebou 1

’n Werker maak seker dat daar genoeg spasie tussen die elektriese bedrading is. Hierdie gebou is opgeknap om as kantore te dien vir die takkantoorafdelings wat van Brooklyn af verskuif is.

3 Maart 2015—Woongebou D

’n Loodgieter is besig om pype aanmekaar te sit wat gebruik gaan word vir die warmwaterstelsel.

31 Maart 2015—Woongebou D

Werkers op ’n hyser is besig om vensters te seël. Hierdie gebou het 298 energiebesparende vensters. Dit sal energiekostes in die winter sowel as in die somer verminder.

17 April 2015—Kantoorgebou 1

Klippe van die oorspronklike muur uit die 1970’s word deur klipmesselaars gebruik om ’n muur in die parkeerterrein tussen Kantoorgebou 1 en Woongebou E te bou.

17 April 2015—Kantoorgebou 1

’n Werker skuur ’n pleisterbordmuur af sodat dit geverf kan word. Hierdie gebou is opgeknap om as kantore te dien vir die Rekening-, Rekenaar- en Aankope-afdeling.

8 Junie 2015—Woongebou D

’n Elektrisiën staan op die dak en trek elektriese kabels deur om dit aan ’n weerligafleier te koppel. Die weerligafleier keer dat weerlig die gebou beskadig deur elektriese energie na die grond te herlei.

8 Junie 2015—Woongebou D

Terwyl die uitbreiding by Wallkill aan die gang was, is daar sover moontlik probeer om die bestaande tuin te beskerm. Dit sluit bome soos dié op hierdie foto in. Die watertoring aan die linkerkant het ’n kapasiteit van 150,000 liter en is noodsaaklik vir watertoevoer, brandbestryding en brandvoorkoming-stelsels by Wallkill.

25 Junie 2015—Kantoorgebou 1

’n Houtwerker installeer party van die 1 800 kersiehoutblokke teen die agterste muur van die hoofsaal. Hierdie blokke van verskillende diktes verhoed dat klank weergalm.

9 Julie 2015—Kantoorgebou 2

Charles Reed dien al vanaf 1958 by Bethel. Broer Reed het gehelp om spesiale betonblokke vir drukperse te ontwerp en te installeer toe Brooklyn-Bethel vir die Verenigde State en ander lande literatuur gedruk het. Terwyl die projek by Wallkill aan die gang was, het broer Reed saam met die gehaltebeheerspan gewerk.

17 Augustus 2015—Kantoorgebou 1

Werkers laai stoele vir die hoofsaal af. Die hoofsaal is opgeknap en het nou 812 sitplekke.

21 September 2015—Kantoorgebou 1

As deel van die opknapping van die hoofsaal is videoskerms geïnstalleer asook akoestiese panele in die plafon.

12 Oktober—Woongebou D

’n Toonbank word in die opgeknapte sieke-afdeling geïnstalleer. Om dit makliker te maak om vir pasiënte te sorg, is die gange breër en die badkamers groter gemaak.

15 Oktober 2015—Wallkill-terrein

’n Lugfoto van die Wallkill-kompleks waar omtrent 2 000 Betheliete bly. Die grootste gedeelte van die projek—wat bestaan uit nuwe en opgeknapte geboue van meer as 102 000 vierkante meter—is voltooi teen 30 November 2015.