Spring na inhoud

Wallkill- en Warwick-projekte vorder goed

Wallkill- en Warwick-projekte vorder goed

Twee belangrike bouprojekte van Jehovah se Getuies in die Verenigde State vorder goed danksy die harde werk van vrywilligers van regoor die land.

Wallkill, New York: Hierdie kompleks huisves meer as 1 600 Getuies en is waar lektuur gedruk word vir Jehovah se Getuies in die Verenigde State . Om die werk in Wallkill uit te brei, bou konstruksiewerkers—van wie baie vrywilligers is—’n nuwe kantoorgebou van drie verdiepings, ’n parkeergarage en ’n woongebou van drie verdiepings om personeel te huisves. Teen 2012 het die vrywilligers reeds ’n gebou vir tegniese toerusting en ’n aanbousel by die eetsaal vir nog 200 mense voltooi.

Jehovah se Getuies het administratiewe komplekse, wat takkantore genoem word, in baie lande, insluitende Brasilië, Duitsland en Mexiko. In die Verenigde State sluit die fasiliteite van Jehovah se Getuies ’n onderrigsentrum by Patterson, New York, en kantore in Brooklyn, New York, in. Wanneer die uitbreiding klaar is, sal Wallkill wêreldwyd die grootste kompleks wees wat deur Jehovah se Getuies gebruik word.

Warwick, New York: Hierdie kompleks sal as die nuwe wêreldhoofkwartier van Jehovah se Getuies dien. Bestaande leë geboue is van die terrein verwyder. Die Getuies het ’n stuk grond 10 kilometer daarvandaan, in Tuxedo, New York, aangeskaf om masjinerie en boumateriaal te berg. Die betrokke plaaslike owerheid het die finale omgewingsimpakverklaring vir die projek aanvaar. Sodra die terreinplan goedgekeur is, sal aansoek om boupermitte gedoen word. Intussen sal die wêreldhoofkwartier voortgaan om vanuit Brooklyn, New York, te funksioneer.