Spring na inhoud

Fotogallery 2 van Warwick (September tot Desember 2014)

Fotogallery 2 van Warwick (September tot Desember 2014)

Kyk in hierdie fotogallery hoe die werk aan die nuwe hoofkwartier van Jehovah se Getuies tussen September en Desember 2014 gevorder het.

Weergawe van die volledige Warwick-kompleks. Kloksgewys van bo links:

  1. Voertuiginstandhoudingsgebou

  2. Besoekersparkering

  3. Instandhoudingsgebou/Inwonersparkering

  4. Woongebou B

  5. Woongebou D

  6. Woongebou C

  7. Woongebou A

  8. Kantore/Dienstegebou

11 September 2014​—Besoekersparkering

Dakkappe vir woongebou C word vooraf aanmekaargesit met staaltapboute.

18 September 2014​—Warwick-bouterrein

Uitsig vanaf die suidelike kant van die bouterrein as ’n mens noord kyk in die rigting van die Sterling Forest-meer (Blue Lake). Tot 13 hyskrane is al terselfdertyd gebruik. In die voorgrond word beton vir die fondasie van woongebou B gegooi en afgewerk.

26 September 2014​—Kantore/Dienstegebou

Staalbalke en -kolomme is reg om geïnstalleer te word. Die boustaalontwerp wat vir die Kantore/Dienstegebou gebruik word, maak groot, oop vloerplanne en ’n versnelde konstruksierooster moontlik.

9 Oktober 2014​—Warwick-bouterrein

Werkers installeer die voorafvervaardigde dakkappe, wat met dekplaat en ’n waterdigte membraan bedek is, vir ’n volledige selfstandige eenheid vir woongebou C. Agter aan die linkerkant word ’n halwe eenheid gebou.

15 Oktober 2014​—Kantore/Dienstegebou

Kontrakteurs installeer staalbalke naby die suidwestelike hoek van die gebou. Hierdie deel van die gebou sal die kombuis, eetsaal, wassery en ander ondersteunende afdelings insluit.

15 Oktober 2014​—Warwick-bouterrein

’n Handbesem word vir ’n werker gegee wat die rioolstelsel help installeer.

20 Oktober 2014​—Warwick-bouterrein

Hierdie tydelike muur is gebou om te bepaal watter voeë, kleur messelklei en metodes gebruik moet word vir die messelwerk. Dit is ook as ’n voorbeeld gebruik vir messelaars wat nuut is op die bouterrein. Hier kan gesien word hoe die muur afgebreek word nadat dit sy doel gedien het.

31 Oktober 2014​—Woongebou C

’n Halwe voorafvervaardigde dakeenheid word deur ’n hyskraan op die regte plek geplaas. Die geweldakke aan albei kante van die woongeboue verbeter die voorkoms van die strukture wanneer dit van ’n afstand gesien word.

7 November 2014​—Instandhoudingsgebou/Inwonersparkering

’n Oliebrandstoftenk van 95 000 liter word op die regte plek geplaas. Die brandstof in hierdie tenks sal gebruik word vir die ketels.

12 November 2014​—Woongebou C

Die suidelike kant van die gebou, met Blue Lake sigbaar aan die regterkant van die foto. Afwerkingsmateriaal met verskillende skakerings en teksture word gebruik om die buitekant van die geboue mooier te laat lyk.

21 November 2014​—Instandhoudingsgebou/Inwonersparkering

’n Egpaar werk as ’n span saam om rioolpype te installeer voordat die betonvloer gegooi word.

28 November 2014​—Kantore/Dienstegebou

Sneeu word met grawe en blaasapparate van die dak verwyder.

1 Desember 2014​—Instandhoudingsgebou/Inwonersparkering

Nog ’n egpaar werk as ’n span saam om loodgietersplanne na te gaan.

10 Desember 2014​—Instandhoudingsgebou/Inwonersparkering

Uitgrawingswerk word gedoen, betonvorms word geïnstalleer en beton word gegooi hoewel dit sneeu. Boaan die linkerkant van die foto is daar gedeeltes van die Kantore/Dienstegebou wat met plastiekdekseil toegemaak is sodat take waarvoor ’n sekere temperatuur nodig is, soos die gooi van ’n betonblad en die installering van brandvaste materiaal, regdeur die winter gedoen kan word.

12 Desember 2014​—Woongebou D

Werkers maak ’n plastiekmembraan teen die betonkolomme en kante van die betonblad vas voordat die muurpanele aan die buitekant van die gebou geïnstalleer word.

15 Desember 2014​—Warwick-bouterrein

Lugfoto waarop die westelike kant van die bouterrein gesien kan word. Die woongeboue is aan die bokant van die foto. Die groot wit gebou naby die middel van die foto is die Kantore/Dienstegebou. Konstruksie word tot minder as 20 persent van die hele eiendom van ongeveer 100 hektaar beperk, wat die res van die woud onaangeraak laat.

15 Desember 2014​—Warwick-bouterrein

Lugfoto waarop die oostelike kant van die bouterrein gesien kan word, asook woongeboue C en D onderaan die foto. Kontrakteurs voltooi die geweldakke op woongebou C deur dakpanele van metaal te installeer.

25 Desember 2014​—Woongebou C

’n Skrynwerker installeer ’n vloer van lamelhout in ’n kamer wat as ’n voorbeeld sal dien. Daar is vier verskillende opsies vir die binnekant van elke kamer in die woongebou. Dit sluit die verf, matte, lamelhoutvloere, teëls en werksblaaie in.

31 Desember 2014​—Kantore/Dienstegebou

Die betonblad word met die hand afgewerk om die regte helling na vloerdreine te voorsien.

31 Desember 2014​—Woongebou C

’n Tegnikus wat 77 jaar oud is, installeer veseloptiese verspreidingskabels. Teen die tyd dat die projek voltooi is, sal omtrent 32 kilometer van hierdie soort kabel geïnstalleer wees.