Jehovah se Getuies word vereer vir hulle hulp aan aangehoudenes
Nege Getuies van Jehovah in Australië het sertifikate van waardering ontvang vir “uitsonderlike diens” wat hulle aan aangehoudenes in een van Australië se grootste aanhoudingsentrum vir immigrante gelewer het. Die Getuies het die toekennings van die Curtin-aanhoudingsentrum vir immigrante naby Derby, Wes-Australië, ontvang. a
Die Getuies besoek die aangehoudenes elke week om na hulle ondervindinge te luister en hulle van die Bybel se boodskap van vertroosting en hoop te vertel. “Die uitwerking van hulle besoeke aan die kliënte kan onmiddellik duidelik gesien word”, het Christopher Riddoch, die sentrum se godsdiens- en kulturele skakelbeampte, gesê. Hy het gesê dat die aangehoudenes se gemoedstemming ná die besoeke verbeter en dat hulle gelukkiger is, wat hy toeskryf aan die feit dat die mans “weet dat daar mense daarbuite is wat opreg in hulle welsyn belangstel”.
Mnr. Riddoch het ook gesê dat die sertifikaat wat aan die Getuies gegee is, ’n klein blykie van waardering is omdat hulle, soos hy dit gestel het, “die lewens verbeter van die mans wat onder ons sorg is”. Hy het bygevoeg dat die Getuies “hulle gesin, hulle gemeente en hulle geloof” tot eer strek.
a Die fasiliteit het plek vir tot 1 500 mans.