Spring na inhoud

Duisende leer lees en skryf

Duisende leer lees en skryf

In 2011 het Jehovah se Getuies meer as 5 700 mense gehelp om te leer lees en skryf.

Ghana:

Gedurende die afgelope 25 jaar het ons meer as 9 000 mense gehelp om te leer lees en skryf.

Zambië:

Sedert 2002 het byna 12 000 hulle lees-en-skryf-vaardighede verbeter. Agnes, wat 82 jaar oud is, sê: “Toe daar aangekondig is dat die gemeente lees-en-skryf-klasse gaan aanbied, was ek gretig om daarvoor in te skryf. Met die eerste les het ek geleer om my naam te skryf!

Peru:

’n Vyf-en-vyftigjarige student het geskryf: “Ek het nooit gedink dat ek sou leer lees en skryf nie omdat my ouers my nooit skool toe gestuur het nie.

Mosambiek:

Meer as 19 000 het gedurende die afgelope 15 jaar leer lees. ’n Student met die naam Felizarda het gesê: “Ek is bly noudat ek Bybeltekste kan naslaan en dit vir ander kan lees. Dit was voorheen vir my baie moeilik.

Salomonseilande:

Ons takkantoor skryf: “In die verlede het baie mense in afgesonderde gebiede nie toegang tot skole gehad nie. En min meisies het formele skoolopleiding ontvang. Volwassenes het dus by die lees-en-skryf-klasse baat gevind. Baie het groter selfvertroue wanneer hulle die kursus voltooi het.”