Vooroordeel word oorwin
Jehovah se Getuies glo dat alle rasse gelyk is in God se oë (Handelinge 10:34, 35). Deur Bybelonderrig probeer ons mense help om selfs diepgewortelde vooroordele te oorkom.
Daarbenewens ondersteun ons geen beweging wat deur rasse- of etniese haat aangedryf word nie. Gedurende die Nazi-era het Jehovah se Getuies in Duitsland en elders byvoorbeeld geweier om Hitler se haatveldtog te ondersteun. Honderde het met hulle lewe betaal omdat hulle geweier het om dit te doen.
Die Getuies het ook nie hulle lede aangespoor om aan die volksmoord in 1994 in Rwanda deel te neem nie. Trouens, party het hulle lewe gewaag of verloor terwyl hulle diegene beskerm het wat gesoek en doodgemaak is.
Omdat ons graag alle mense wil help, vervaardig en versprei ons Bybellektuur in sowat 600 tale. Gevolglik verwelkom ons gemeentes mense “uit alle nasies en stamme en volke en tale”.—Openbaring 7:9.