Spring na inhoud

Die webwerf jw.org word nou in meer as 300 tale gelees!

Die webwerf jw.org word nou in meer as 300 tale gelees!

As jy op hierdie blad op jw.org se taallys klik, sal jy ’n lys van meer as 300 tale sien—iets wat jy waarskynlik nie op enige ander webwerf sal vind nie!

Hoe vergelyk hierdie getal met ander welbekende webwerwe? Wel, teen Julie 2013 was die Verenigde Nasies se webwerf beskikbaar in ses tale. Europa, die amptelike webwerf van die Europese Unie, kon in 24 tale gelees word. Google het 71 tale ondersteun, terwyl Wikipedia 287 ondersteun het.

Dit verg baie ure om ’n webwerf in meer as 300 tale te vertaal! Baie van hierdie werk word gedoen deur honderde Getuies van Jehovah regoor die wêreld, wat eer aan Jehovah wil bring. Vir elke taal is daar ’n georganiseerde span wat hulle vaardighede gebruik om die Engelse teks te vertaal.

Op JW.ORG is daar baie blaaie inligting wat in meer as 300 tale vertaal is; gevolglik is daar ’n ontsaglike aantal blaaie op die webwerf—meer as 200 000!

Die webwerf JW.ORG is nie net algemeen beskikbaar nie, maar ook gewild. Hierdie feit kan gesien word uit die webwerfranglys wat saamgestel word deur Alexa, ’n maatskappy wat die wêreld se Internet-verkeer ontleed. Die kategorie “Godsdiens en geestelikheid” bevat ’n lys van ongeveer 87 000 webwerwe, insluitende dié van die wêreld se vernaamste godsdienste asook godsdienstige uitgewers en soortgelyke organisasies. Teen Julie 2013 was jw.org tweede op hierdie lys! Boaan die lys is ’n kommersiële webwerf wat aanlyn toegang tot ’n verskeidenheid Bybelvertalings bied.

Sedert Oktober 2013 ontvang jw.org elke dag gemiddeld meer as 890 000 afsonderlike besoeke. Ons sal voortgaan om praktiese inligting uit die Bybel vryelik beskikbaar te stel aan mense regoor die wêreld.