Minder bladsye, meer tale
Van Januarie 2013 af sal die aantal bladsye van die Ontwaak! en die publieke uitgawe van Die Wagtoring verminder word van 32 tot 16 bladsye per nommer.
Omdat die tydskrifte minder materiaal sal bevat, sal vertaalspanne dit in meer tale kan beskikbaar stel. Byvoorbeeld, die Ontwaak! van Desember 2012 is in 84 tale vertaal, en Die Wagtoring van Desember 2012 in 195 tale. Maar van Januarie 2013 af word die Ontwaak! in 98 tale en Die Wagtoring in 204 tale vertaal.
Die studie-uitgawe van Die Wagtoring sal nog steeds ’n tydskrif met 32 bladsye wees.
Minder gedrukte blaaie—Meer webblaaie
Die veranderinge in ons gedrukte tydskrifte sal ’n tweeledige uitwerking op ons webwerf www.pr418.com hê.
Van die materiaal wat voorheen in die tydskrifte gepubliseer is, sal net op hierdie webwerf verskyn. Byvoorbeeld, “Vir jongmense”, “My Bybellesse” en die verslag oor die Gileadgraduering, wat in die publieke uitgawe van Die Wagtoring verskyn het, sowel as “Vir gesinsbespreking” en “Jongmense vra”, wat in die Ontwaak! verskyn het, sal nou net aanlyn beskikbaar gestel word.
Die Wagtoring en Ontwaak! sal in ’n bykomende elektroniese formaat beskikbaar wees. PDF-weergawes van Die Wagtoring en Ontwaak! word al ’n paar jaar lank op die webwerf www.pr418.com gepubliseer. Hierdie tydskrifte sal nou gelees kan word in HTML-formaat, wat dit makliker sal maak om dit op ’n gewone rekenaar of ’n draagbare toestel te lees. Dit sal ook makliker wees om toegang te verkry tot ons ander lektuur, wat in ongeveer 400 tale aanlyn beskikbaar is.