Spring na inhoud

Betheltoere

Ons nooi jou hartlik om op toer te kom by ons takkantore, wat gewoonlik Bethel genoem word. Party van ons kantore het ook selfbegeleide uitstallings.

Toere begin weer: In baie lande het ons op 1 Junie 2023 weer met toere by ons takkantore begin. Vir meer inligting, kontak die takkantoor waar jy vir 'n toer wil gaan. Moet asseblief nie die takkantoor besoek as jy positief getoets het vir COVID-19, verkoue- of griepsimptome het nie of onlangs blootgestel is aan iemand wat positief getoets het vir COVID-19 nie.

Kuba

Toerinligting

Moet jy ’n toerbespreking maak voordat jy kom vir ’n toer? Ja. Om te keer dat te veel mense op een slag opdaag en om seker te maak dat almal die toer geniet, vra ons dat alle besoekers ’n bespreking maak voordat hulle opdaag, ongeag hoe groot die groep is. Bespreek jou toer ten minste ’n week voor die tyd. Vir besoeke op openbare vakansiedae of gedurende skoolvakansies, moedig ons jou aan om die toer selfs vroeër te bespreek.

Kan jy kom vir ’n toer as jy nie ’n bespreking gemaak het nie? Ja. Maar as jy nie ’n toerbespreking maak nie, is daar ’n moontlikheid dat ons jou nie kan help nie. As gevolg van die beperkte spasie kan net ’n sekere aantal mense elke dag vir ’n toer kom.

Hoe laat moet jy vir die toer opdaag? Om te keer dat die fasiliteit te vol raak, moet jy asseblief nie vroeër as 15 minute voor jou toerbespreking opdaag nie.

Hoe bespreek mens ’n toer? As jou groep minder as 11 mense insluit, kliek op die knoppie “Bespreek ’n toer – Minder as 11 mense”. Anders, stuur ’n e-pos na InboxLOBBY.CU@bethel.pr418.com of bel die telefoonnommer hieronder om ’n toer vir 11 mense of meer te bespreek.

Kan jy ’n toerbespreking verander of kanselleer? Ja. Kliek op die knoppie “Kyk na of verander toerbesprekings”.

Wat as daar nie toere beskikbaar is op die dae wat jy verkies nie? Hou aan om die webwerf dop te hou. Toere word beskikbaar wanneer besprekings verander of gekanselleer word.

Bespreek ’n toer – Minder as 11 mense

Laai ’n toerbrosjure af

Adres en telefoonnommer

Avenida 15 #4608

Between Calle 46 and Calle 48

PLAYA, LA HABANA

CUBA

+53 7 204 7598

+53 7 204 1026

Hoe om daar te kom