Spring na inhoud

Betheltoere

Ons nooi jou hartlik om op toer te kom by ons takkantore, wat gewoonlik Bethel genoem word. Party van ons kantore het ook selfbegeleide uitstallings.

Toere begin weer: In baie lande het ons op 1 Junie 2023 weer met toere by ons takkantore begin. Vir meer inligting, kontak die takkantoor waar jy vir 'n toer wil gaan. Moet asseblief nie die takkantoor besoek as jy positief getoets het vir COVID-19, verkoue- of griepsimptome het nie of onlangs blootgestel is aan iemand wat positief getoets het vir COVID-19 nie.

Portugal

Toerbesprekings

Moet jy ’n toerbespreking maak voordat jy kom vir ’n toer? Ja. Om te keer dat te veel mense op een slag opdaag en om seker te maak dat almal die toer geniet, vra ons dat alle besoekers wat vir ’n toer kom, ’n bespreking maak voordat hulle opdaag, ongeag hoe groot die groep is.

Kan jy kom vir ’n toer as jy nie ’n bespreking gemaak het nie? As jy nie ’n toerbespreking maak nie, is daar ’n moontlikheid dat ons jou nie kan help nie. As gevolg van die beperkte spasie kan net ’n sekere aantal mense elke dag vir ’n toer kom.

Hoe laat moet jy vir die toer opdaag? Om te keer dat die fasiliteit te vol raak, moet jy asseblief nie vroeër as ’n uur voor jou toerbespreking opdaag nie.

Hoe bespreek mens ’n toer? Kliek op die knoppie “Bespreek ’n toer”.

Kan jy ’n toerbespreking verander of kanselleer? Ja. Kliek op die knoppie “Kyk na of verander toerbesprekings”.

Wat as daar nie toere beskikbaar is op die dae wat jy verkies nie? Hou aan om die webwerf dop te hou. Toere word beskikbaar wanneer besprekings verander of gekanselleer word.

Bespreek ’n toer

Toere

Rua Conde Barão, 511

P-2649-513 ALCABIDECHE

PORTUGAL

+351 214-690-600

Hoe om daar te kom

Punte van belang

Stuur lektuur na meer as 700 gemeentes in die Asore, Kaap Verde, Madeira, Portugal en São Tomé & Príncipe. Vervaardig oudio- en video-opnames in Portugees (Portugal) en Portugese Gebaretaal.

Laai ’n toerbrosjure af