Spring na inhoud

Betheltoere

Ons nooi jou hartlik om op toer te kom by ons takkantore, wat gewoonlik Bethel genoem word. Party van ons kantore het ook selfbegeleide uitstallings.

Toere begin weer: In baie lande het ons op 1 Junie 2023 weer met toere by ons takkantore begin. Vir meer inligting, kontak die takkantoor waar jy vir 'n toer wil gaan. Moet asseblief nie die takkantoor besoek as jy positief getoets het vir COVID-19, verkoue- of griepsimptome het nie of onlangs blootgestel is aan iemand wat positief getoets het vir COVID-19 nie.

Slowakye

Toerbesprekings

Moet jy ’n toerbespreking maak voordat jy kom vir ’n toer? Ja. Om te keer dat te veel mense op een slag opdaag en om seker te maak dat almal die toer geniet, vra ons dat alle besoekers wat vir ’n toer kom, ’n bespreking maak voordat hulle opdaag, ongeag hoe groot die groep is. Bespreek jou toer ten minste ’n week voor die tyd. Vir besoeke op openbare vakansiedae, moedig ons jou aan om die toer selfs vroeër te bespreek.

Kan jy kom vir ’n toer as jy nie ’n bespreking gemaak het nie? As jy nie ’n toerbespreking maak nie, is daar ’n moontlikheid dat ons jou nie kan help nie. As gevolg van die beperkte spasie kan net ’n sekere aantal mense elke dag vir ’n toer kom.

Hoe laat moet jy vir die toer opdaag? Om seker te maak dat jou toer op tyd begin, moet jy asseblief nie vroeër as 10 minute voor jou toerbespreking opdaag nie.

Hoe bespreek mens ’n toer? Kliek op die knoppie “Bespreek ’n toer”.

Kan jy ’n toerbespreking verander of kanselleer? Ja. Kliek op die knoppie “Kyk na of verander toerbesprekings”.

Wat as daar nie toere beskikbaar is op die dae wat jy verkies nie? Hou aan om die webwerf dop te hou. Toere word beskikbaar wanneer besprekings verander of gekanselleer word.

Bespreek ’n toer

Toere

Pekna cesta 17

831 52 BRATISLAVA 34

SLOVAK REPUBLIC

+421 2-49107611

Hoe om daar te kom

Punte van belang

Hou toesig oor die bedrywighede van meer as 26 500 Getuies van Jehovah in die Tsjeggiese Republiek en Slowakye. Vertaal Bybellektuur in Tsjeggies, Tjseggiese Gebaretaal, Romani (Oos Slowakye), Slowaaks en Slowaakse Gebaretaal.

Laai ’n toerbrosjure af