Betheltoere
Ons nooi jou hartlik om op toer te kom by ons takkantore, wat gewoonlik Bethel genoem word. Party van ons kantore het ook selfbegeleide uitstallings.
Toere begin weer: In baie lande het ons op 1 Junie 2023 weer met toere by ons takkantore begin. Vir meer inligting, kontak die takkantoor waar jy vir 'n toer wil gaan. Moet asseblief nie die takkantoor besoek as jy positief getoets het vir COVID-19, verkoue- of griepsimptome het nie of onlangs blootgestel is aan iemand wat positief getoets het vir COVID-19 nie.
Suid-Afrika
Toerinligting
Moet jy ’n toerbespreking maak voordat jy kom vir ’n toer? Ja. Om te keer dat te veel mense op een slag opdaag en om seker te maak dat almal die toer geniet, vra ons dat alle besoekers wat vir ’n toer kom, ’n bespreking maak voordat hulle opdaag, ongeag hoe groot die groep is. Bespreek jou toer ten minste ’n week voor die tyd. Vir besoeke op openbare vakansiedae moedig ons jou aan om die toer selfs vroeër te bespreek.
Kan jy kom vir ’n toer as jy nie ’n bespreking gemaak het nie? As jy nie ’n toerbespreking maak nie, is daar ’n moontlikheid dat ons jou nie kan help nie. As gevolg van die beperkte spasie kan net ’n sekere aantal mense elke dag vir ’n toer kom.
Hoe laat moet jy vir die toer opdaag? Om te keer dat die fasiliteit te vol raak, moet jy asseblief nie vroeër as ’n uur voor jou toerbespreking opdaag nie.
Hoe bespreek mens ’n toer? Kliek op die knoppie “Bespreek ’n toer”.
Kan jy ’n toerbespreking verander of kanselleer? Ja. Kliek op die knoppie “Kyk na of verander toerbesprekings”.
Wat as daar nie toere beskikbaar is op die dae wat jy verkies nie? Hou aan om die webwerf dop te hou. Toere word beskikbaar wanneer besprekings verander of gekanselleer word.
Uitstallings
Besoekersentrum by die Huisafdeling: Gedurende die toer is daar ’n paar video’s wat jou ’n kykie agter die skerms gee van wat by Bethel gebeur en hoe Bethel ons aanbidding ondersteun.
Besoekersentrum by Drukkery 2: Video’s wys die belangrikheid van vertaling en om lektuur in plaaslike tale te druk. ’n Uitkykplek laat jou toe om altwee van ons drukperse in aksie te sien. ’n Bybeluitstalling wys die geskiedenis van hoe God se naam in die Bybel in party plaaslike tale gebruik is.
Besoekersentrum by Drukkery 3: ’n Uitkykplek laat jou toe om die hele versendingsvloer te sien en ’n skerm wys waarheen die verpakte lektuur gestuur gaan word. Video’s wys hoe Koninkryksale gebou word, items gestuur word sowel as hoe oudio- en videopublikasies gemaak word.
Ekstra inligting: Bussies vervoer besoekers tussen die verskillende besoekersentrums. Besoekers kan hulle eie piekniek geniet in die rusarea vir besoekers.
Adres en telefoonnommer
1 Robert Broom Drive East
Rangeview
KRUGERSDORP
1739
SOUTH AFRICA
+27 11-761-1002