Betheltoere
Ons nooi jou hartlik om op toer te kom by ons takkantore, wat gewoonlik Bethel genoem word. Party van ons kantore het ook selfbegeleide uitstallings.
Toere begin weer: In baie lande het ons op 1 Junie 2023 weer met toere by ons takkantore begin. Vir meer inligting, kontak die takkantoor waar jy vir 'n toer wil gaan. Moet asseblief nie die takkantoor besoek as jy positief getoets het vir COVID-19, verkoue- of griepsimptome het nie of onlangs blootgestel is aan iemand wat positief getoets het vir COVID-19 nie.
Verenigde State van Amerika
Op hierdie bladsy
Toerinligting
Uitstallings
Warwick selfbegeleide uitstallings
Die Bybel en God se naam. Hierdie uitstalling bevat Bybels wat skaars is en wys hoe God se naam in die Skrif behoue gebly het, ondanks pogings om dit te verwyder. Die uitstalling het ook ’n roterende galery wat nog Bybels wat skaars is en geskiedkundige voorwerpe wat met die Bybel verband hou, uitstal.
’n Volk vir Jehovah se naam. Hierdie uitstalling voorsien ’n visuele geskiedenis van Jehovah se Getuies se geestelike erfenis. Geskiedkundige voorwerpe, prente, foto’s en eerstepersoonsverslae toon hoe Jehovah sy volk progressief gerig, geleer en georganiseer het om sy wil te doen.
Wêreldhoofkwartier – Geloof in aksie. Hierdie interaktiewe uitstalling verduidelik wat die Bestuursliggaam se komitees doen. Dit wys ook hoe hulle Jehovah se Getuies help om die skriftuurlike riglyne te volg om saam te vergader, dissipels te maak, geestelike voedsel in te neem en liefde aan mekaar te betoon.
Patterson selfbegeleide uitstallings
’n Eerste-eeuse Bybeldorpie. Het jy al ooit gewonder hoe die lewe was toe Jesus op die aarde was? In die Bybeldorpie sal jy die alledaagse aktiwiteite van ’n eerste-eeuse dorpie sien en selfs daaraan kan deelneem. Hierdie uitstalling kan jou help om meer uit jou Bybellees te kry.
Eerste-eeuse Bybelmuntstukke. Hierdie uitstalling bevat ’n versameling oorspronklike eerste-eeuse muntstukke wat in die Christelike Griekse Geskrifte genoem word. Die uitstalling gee interessante inligting oor elke muntstuk en verduidelik hoe dit verband hou met Bybelverslae.
“Al jou seuns sal deur Jehovah geleer word.” Hierdie uitstalling wys die geskiedenis van ons organisasie se skole en opleidingsprogramme. Vind uit hoe hierdie skole gewillige vrywilligers gehelp het om bekwame onderrigters en gemeentelike ouermanne te word.
“Verdediging en wetlike bevestiging van die goeie nuus.” Hierdie uitstalling vertel ons die hartroerende stories van Getuies van Jehovah wat nie hulle geloof prys gegee het nie, selfs al het hulle voor verskriklike teenstand te staan gekom. Kyk wat ons organisasie gedoen het om die wetlike reg te bevestig om ons predikingswerk regoor die wêreld te doen.