Spring na inhoud

10 DESEMBER 2019
ALBANIË

Groot aardbewing tref Albanië

Groot aardbewing tref Albanië

Daar was onlangs ’n baie sterk aardbewing in Albanië. Dit was die sterkste aardbewing wat hierdie gebied in 40 jaar getref het. Nie een van ons broers het gesterf of seergekry nie. Maar 35 van ons broers se huise en 3 geboue wat as Koninkryksale gebruik is, was nie meer veilig om te gebruik nie.

Die aardbewing van 6,4 het Albanië op 26 November 2019 getref. Dit het 51 mense se dood veroorsaak, meer as 3 000 mense is beseer en duisende ander is gedwing om hulle huise te verlaat. Getuies wat hulle huise moes verlaat, bly by familie of broers en susters van ander gemeentes. Gemeentes wie se Koninkryksale beskadig is, kom nou in Koninkryksale in veiliger gebiede bymekaar.

Een ouerman het verduidelik hoe dit sy familie gehelp het om voorbereid te wees vir rampe: “Die oomblik toe die aardbewing ons tref, het ons onmiddellik ons grypsakke gegryp en by die huis uitgehardloop. Ons kon belangrike items wat in ons sakke was, gebruik soos: komberse, water, medisyne en kos. Ons dank Jehovah en die Bestuursliggaam vir die liefde wat hulle vir ons wys.”

Kringopsieners het dadelik na die gebiede wat deur die ramp geraak is, gegaan om ons broers aan te moedig. Een kringopsiener en sy vrou moes hulle woonstel verlaat omdat dit beskadig is. Ten spyte van die moeilike situasie het die kringopsiener en sy vrou ure spandeer om ander aan te moedig.

Broers van die Takkomitee het ook die gebiede wat erg beskadig is, besoek. ’n Noodlenigingskomitee is aangestel om te help met die noodlenigingswerk.

Ons bid dat ons broers en susters in Albanië sal volhard. Ons sien uit na die tyd wanneer daar nie meer natuurrampe sal wees nie. – Romeine 8:25.