Spring na inhoud

11 DESEMBER 2019
ALBANIË

Hersiene Nuwe Wêreld-vertaling in Albanees vrygestel

Hersiene Nuwe Wêreld-vertaling in Albanees vrygestel

Op 8 Desember 2019 is die hersiene Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel in Albanees deur broer Mark Sanderson van die Bestuursliggaam vrygestel. Dit is by ’n spesiale vergadering gedoen wat in die Asllan Rusi Sports Palace gehou is in Tirana, Albanië. a

Daar word geskat dat daar 2,9 miljoen mense in Albanië bly. Maar daar is omtrent 7,6 miljoen mense regoor die wêreld wat Albanees praat. Jehovah se Getuies het Albanese gemeentes en groepe in België, Duitsland, Engeland, Frankryk, Griekeland, Italië, Kanada, Noord-Masedonië, Oostenryk, Swede, Switserland, Turkye en die Verenigde State gevorm. Die nuwe hersiene Albanese Bybel sal die meer as 5 800 verkondigers bevoordeel wat in die Albanese takgebied is en dié wat Albanees in ander lande praat.

Die hersiene Bybel sluit ook dinge in soos aanhangsels, voetnote, ’n woordelys en kaarte. Ons is saam met ons Albanese broers en susters bly wat nou ’n vertaling van Jehovah se Woord het wat in moderne taal geskryf is en wat eenvoudig, direk en duidelik is. – Matteus 13:16.

a Die volledige Nuwe Wêreld-vertaling was in 2005 in Albanees vrygestel.