4 AUGUSTUS 2023
ANGOLA
Die Nuwe Wêreld-vertaling in Nyaneka vrygestel
Op 28 Julie 2023 het broer Salvador Domingos, ’n lid van die Takkomitee in Angola, die Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel in Nyaneka vrygestel. Die Bybel is vrygestel by die ‘Wees geduldig’!-streekbyeenkoms wat in Lubango, Huíla-provinsie in die suidelike deel van Angola, gehou is. Altesaam het 2 621 mense dit bygewoon. Diegene wat dit bygewoon het, het gedrukte kopieë van die Bybel ontvang. ’n Digitale uitgawe is ook beskikbaar gemaak om afgelaai te word.
Die meeste Nyaneka-mense bly in provinsies van Angola, wat Benguela, Cunene, Huíla, en Namibe insluit. ’n Vertaalkantoor in die stad Lubango vertaal ons publikasies in Nyaneka.
In die verlede het party Bybelgenootskappe individuele Bybelboeke in Nyaneka beskikbaar gestel. Maar die Nuwe Wêreld-vertaling is die eerste volledige Bybel wat in hierdie taal beskikbaar is. Omdat daar verskillende dialekte van hierdie taal is, het die vertaalspan hard gewerk om woorde te gebruik wat deur die meeste Nyaneka-mense verstaan word.
Ons is saam met ons broers en susters wat Nyaneka praat, bly wat nou hierdie nuwe vertaling kan gebruik om baie meer mense te help om van Jehovah te leer en om hom te aanbid. – Jesaja 2:3.