18 OKTOBER 2023
ANGOLA
Die boek Matteus en Handelinge in Angolese Gebaretaal vrygestel
By ’n spesiale program wat op 23 September 2023 gehou is, het broer Johannes De Jager, ’n lid van die Takkomitee in Angola, die vrystelling van die Bybelboek Matteus en Handelinge van die Apostels in Angolese Gebaretaal (LAS) aangekondig. Daar was omtrent 1 881 mense wat die program bygewoon het by ’n Byeenkomssaal in Luanda, Angola. Die Bybelboeke wat pas vrygestel is, was dadelik beskikbaar om afgelaai te word op jw.org en in die JW Library Sign Language-app.
Daar word geskat dat ongeveer 360 000 dowe mense in Angola bly. Die eerste LAS-gemeente is in 2010 begin. Vandag dien meer as 1 000 verkondigers in 37 LAS-gemeentes, 7 groepe en een tentatiewe groep regoor Angola.
Dit is die eerste keer dat enige boeke van die Bybel in LAS vertaal is. Nadat ’n broer na die vertaling van die boek Handelinge gekyk het, het hy gesê: “Die vertaling van Handelinge 8:26-30, waar Filippus gehardloop het om by die Etiopiese amptenaar te kom, is baie opwindend om na te kyk. Dit help my om te besef dat ek moet aanhou om hard in die bediening te werk.”
Ons is seker dat die vrystelling van hierdie twee Bybelboeke in LAS nog baie mense sal help om Jehovah se liefde te ervaar terwyl hy ‘hulle sy goedkeuring gee’. – Numeri 6:25.