Spring na inhoud

20 JANUARIE 2021
ANGOLA

Nuwe Wêreld-vertaling word in Umbundu vrygestel

Nuwe Wêreld-vertaling word in Umbundu vrygestel

Op 16 Januarie 2021 is die Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel elektronies in die Umbundu-taal vrygestel. Die program was vooraf opgeneem en uitgesaai na alle Umbundu-gemeentes regoor Angola. Broer Genésio Verdiano, ’n lid van die Takkomitee in Angola, het die Bybel vrygestel.

Umbundu is ’n plaaslike taal in Angola wat verreweg die meeste gepraat word. Daar is omtrent sewe miljoen mense en meer as 6 500 verkondigers wat Umbundu praat.

Twee spanne van ses vertalers het meer as vyf jaar lank gewerk om hierdie vertaling te voltooi. ’n Lid van die vertaalspan het gesê: “Hierdie nuwe vertaling sal dit vir mense maklik maak om hulle in die Bybel in te leef omdat dit maklik is om te verstaan. Dit sal ook makliker wees om ander oor God se Woord in die bediening te leer.”

’n Lid van die Takkomitee het gesê: “Ons weet dat wanneer mense die Bybel in hulle eie taal lees, verstaan hulle die waarheid baie beter. Ons is opgewonde om te sien hoe Jehovah sy Woord in Umbundu sal gebruik om meer mense te bereik.” – 2 Tessalonisense 3:1.