Spring na inhoud

’n Voorstelling van die gebou met vier verdiepings in Angola nadat opknappingswerk voltooi is

25 APRIL 2022
ANGOLA

Takkantoor in Angola word uitgebrei met opgeknapte gebou

Takkantoor in Angola word uitgebrei met opgeknapte gebou

In Junie 2022 sal daar by die takkantoor in Angola met opknappingswerk aan ’n gebou van vier verdiepings begin word. Die gebou sal meer woonstelle en kantore vir die broers en susters wat daar woon en werk, voorsien. Die takkantoor, wat in 2003 voltooi is, is nie meer groot genoeg vir die 207 lede van die Bethelgesin nie.

Die ekstra spasie is nodig omdat party van die Bethelgesin op die oomblik in gehuurde behuising bly. Die broers het die gebou in Desember 2021 gekoop. Die gebou is ’n kort afstand van die huidige takkantoor.

Die opgeknapte gebou sal 57 woonstelle en 60 kantore hê. In elke kamer sal daar ’n kantoor wees. Die gedeelte waar die kantore is, sal oop en toe spasies hê. Die nuwe gebou sal ook konferensiekamers insluit, sowel as ruimtes wat vir verskillende doeleindes gebruik kan word. Die mure in die kantoorspasie sal maklik verwyder of rondgeskuif kan word om by die behoeftes aan te pas.

Daar word verwag dat lede van die Bethelgesin wat op die oomblik in gehuurde behuising bly, in Februarie 2024 in die gebou sal intrek.

Samuel Campos, ’n lid van die takkomitee in Angola, het gesê: “Ons het gebid en saam met die Wêreldkantoor vir Ontwerp en Konstruksie gewerk om die probleem van beperkte spasie op te los. Die koop en opknappingswerk van hierdie gebou is ’n antwoord van Jehovah op ons gebede.”

Daar is meer as 160 000 verkondigers in Angola. Meer as 400 000 mense het verlede jaar die Gedenkmaal bygewoon, en verkondigers het meer as 200 000 Bybelstudies gehou. Ons is vol vertroue dat Jehovah die opknappingswerk van die nuwe takfasiliteit sal seën wat sal help om Koninkryksbelange te bevorder. – 1 Kronieke 29:16.