Spring na inhoud

28 NOVEMBER 2019
ANGOLA

Volledige Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel in Kikongo-taal vrygestel

Volledige Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel in Kikongo-taal vrygestel

Op 24 November 2019 het Jehovah se Getuies die Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel in die Kikongo-taal by ’n spesiale vergadering in Angola vrygestel.

Kikongo-gemeentes regoor Angola is genooi om hierdie belangrike vergadering by te woon. Broer Matthew Steggel, ’n lid van die Takkomitee in Angola, het die Bybel vrygestel voor ’n gehoor van 2 053 by die Byeenkomssaal in Viana, Angola.

’n Vertaalspan het sewe jaar lank gewerk om die projek te voltooi. Voor die vrystelling van die Nuwe Wêreld-vertaling in Kikongo het die broers die Nuwe Wêreld-vertaling in Portugees of skaars en duur Kikongo-vertalings gebruik.

Met die vrystelling van die Nuwe Wêreld-vertaling in Kikongo sal baie verkondigers vir die eerste keer ’n Bybel in hulle moedertaal hê. Een van die vertalers wat aan die projek gewerk het, het gesê: “Hierdie nuwe vertaling sal ons broers en susters beslis help om die Bybel beter te verstaan en om die waarheid op ’n duidelike manier aan ander te leer.

Daar is 1 524 verkondigers wat in die Kikongo-gemeentes in Angola dien. Daar is omtrent twee miljoen mense in die land wat Kikongo praat.

Ons weet dat die Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel in Kikongo Jehovah se volk sal help om sy Woord met hulle hele hart te gehoorsaam. – Psalm 119:34.