Spring na inhoud

29 AUGUSTUS 2017
ANGOLA

Getuies by streekbyeenkoms in Angola oorval deur gifgas

Getuies by streekbyeenkoms in Angola oorval deur gifgas

Op Vrydagoggend 25 Augustus 2017 het aanvallers gifgas vrygelaat gedurende ’n streekbyeenkoms by die Viana-byeenkomssaal van Jehovah se Getuies in Luanda, Angola. Die gifgas was vrygelaat in die hoofsaal en ook in die ruskamers en het veroorsaak dat 405 van die mense wat teenwoordig was, bewusteloos geraak het. Gelukkig was die gifgas nie dodelik nie en het niemand gesterf nie. Die slagoffers is na plaaslike hospitale geneem en die meeste van hulle was binne ’n paar uur behandel en ontslaan. Die voorval word deur die plaaslike owerhede ondersoek. Teen Vrydagmiddag was drie mans in hegtenis geneem en deur die polisie aangehou.

Die takkantoor in Luanda berig dat al die slagoffers besig is om goed te herstel. Die mense wat daar was het nie paniekerig geraak nie en het saamgewerk om vir die wat beseer was, te sorg. Die broers het ingestem om die polisie se voorstel te volg, en die byeenkomssessie vir Vrydagmiddag gekanselleer. Maar die streekbyeenkoms is sonder enige verdere probleme voortgesit op Saterdag, 26 Augustus, en Sondag, 27 Augustus. Meer as 12 000 mense het die streekbyeenkoms bygewoon, en 188 is as Jehovah se Getuies gedoop.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Angola: Todd Peckham, +244-923-166-760

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000