Spring na inhoud

2 FEBRUARIE 2022
ARGENTINIË

Die Bethelgesin is bly oor hulle nuwe huis in Argentinië

Die Bethelgesin is bly oor hulle nuwe huis in Argentinië

Die Bethelgesin in Argentinië het na ’n nuwe gebou getrek wat vir hulle takkantoor gebou is. ’n Kontrakteur het in die somer van 2021 met die bouwerk klaargemaak. Van toe af het die Betheliete en bouprojekvrywilligers die afrondingswerk aan die nuwe gebou gedoen, en dit sluit dinge in soos die aanmekaarsit van meubels, asook deeglike skoonmaak-, pyp- en elektriese werk.

Die fasiliteit bestaan uit ’n kantoorgebou met 136 werkstasies en twee woongeboue met 98 kamers. Die vorige takkantoor was oor verskillende eiendomme versprei. Met die nuwe takkantoor kan die Betheliete op dieselfde eiendom woon en werk. Die eiendom is 8 524 vierkante meter groot en is geleë buite Buenos Aires, die hoofstad van Argentinië.

Broer Humberto Cairo, ’n lid van die Takkomitee, vertel: “Jehovah het gewys hoe vrygewig hy is met hierdie projek. Hierdie nuwe geboue is pragtig, veral met die jw.org-logo wat so maklik herken kan word.”

Broer Sebastian Rosso, wat in die Diensafdeling werk, sê: “Dit is ’n baie groot geskenk van Jehovah. Die plek is so gemaak dat dit spesifiek in ons behoeftes voorsien. Ons is so dankbaar om so ’n mooi en funksionele takkantoor te hê.”

Ons is vol vertroue dat hierdie nuwe Bethelhuis die Bethelgesin sal help om baie meer doeltreffend te wees en dat dit ’n groot getuienis in die gemeenskap sal wees, alles tot eer van Jehovah. – 2 Kronieke 7:1.

 

Die Argentynse Bethelgesin het in ’n nuwe takkantoor in Buenos Aires ingetrek. Die trek is ooreenkomstig COVID-19-veiligheidsmaatreëls georganiseer, en daar is in Julie 2021 met die trek begin. Nadat die Betheliete ingetrek het, het hulle afrondingswerk gedoen, soos om meubels aanmekaar te sit en skoon te maak. Die nuwe takkantoor sal ’n groot getuienis vir die gemeenskap wees