14 OKTOBER 2019
ARGENTINIË
Jongste nuus oor bouprojek van Bethel in Argentinië
Die takkantoor in Argentinië se bouprojek het meer as ’n jaar gelede begin en is nou meer as halfpad klaar. Die nuwe fasiliteit het drie geboue – ’n kantoorgebou en twee woongeboue. Dit is altesaam 8 524 vierkante meter. Die bouwerk behoort teen Julie 2020 klaar te wees.
Ons is opgewonde oor die bouwerk by die takkantoor in Argentinië. Ons bid dat Jehovah sal aanhou om hierdie bouprojek te seën. – Deuteronomium 28:8.
April 2019: Die nuwe kantoorgebou. Die pilare wat die gebou ondersteun, sal vanaf die fondasie tot by die boonste vloere van die gebou strek. Dit sal die gebou baie sterk maak
Junie 2019: ’n Konstruksiewerker staan op ’n stellasie terwyl hy voorbereidings maak vir ’n pilaar vir Woongebou A
Julie 2019: Konstruksiewerkers installeer betonstaal en elektriese komponente vir die gebou se derde verdieping
Julie 2019: Werkers gooi beton vir die vloer van die tweede verdieping in Woongebou A. Dit sal ’n vyf verdieping gebou met ’n terras wees
Julie 2019: Konstruksie van die parkeerarea. Daar sal parkering wees vir 72 voertuie ondergronds en 72 voertuie bogronds
Augustus 2019: Links Woongebou A, op die agtergrond Woongebou B en die kantoorgebou