Spring na inhoud

Lede van die Bethelgesin groet besoekers met hulle aankoms vir die toewyding van die nuwe takkantoor in Argentinië

22 APRIL 2024
ARGENTINIË

Nuwe takkantoor in Argentinië toegewy

Nuwe takkantoor in Argentinië toegewy

Broer Winder gee die toewydingstoespraak

Op 6 April 2024 het broer Jeffrey Winder, ’n lid van die Bestuursliggaam, die nuwe takkantoor in Buenos Aires, Argentinië, gedurende ’n toespraak toegewy. Amper 500 broers en susters het die toewydingsprogram in drie ouditoriums by die nuwe takkantoor bygewoon. En nog 5 844 mense het by ’n Byeenkomssaal naby die stad Ezeiza deur middel van videoverbinding by die program ingeskakel. Die volgende dag is ’n spesiale vergadering by die Byeenkomssaal gehou, en die program is na alle gemeentes in Argentinië en Uruguay gestroom. Altesaam 181 643 mense het dit bygewoon.

Reëlings is getref sodat gaste die nuwe takkantoor kon besoek, tyd saam kon spandeer en gesels en aan ander spesiale bedrywighede kon deelneem. Dit het meer as 230 broers en susters van 25 lande ingesluit. Broer Sergio Spaccasassi, wat nou in Ecuador dien, het gehelp met die bouwerk aan die nuwe takkantoor in Argentinië. Hy het die volgende gesê oor die groot internasionale groep mense wat daar was vir die toewyding: “Jehovah gebruik spesiale geleenthede soos hierdie om ons nader aan mekaar te bring as ’n groot familie van sy aanbidders.”

Broer Juan Carlos Nigro, ’n lid van die Takkomitee in Argentinië, het gesê: “Ons het gesien hoe Jehovah hierdie projek die heeltyd rig en seën. Hy is die Een wat ons hierdie pragtige fasiliteit gegee het wat sy naam verheerlik.”

Broers en susters geniet die toewydingsprogram in die ouditorium van die nuwe Bethelfasiliteit in Buenos Aires

Ons dank Jehovah, die een wat “alles mooi [maak] op die regte tyd”, saam met ons broers en susters in Argentinië vir hierdie nuwe Bethelfasiliteit. – Prediker 3:11.