29 AUGUSTUS 2023
ARGENTINIË
Openbare getuieniswerk by FIFA se Wêreldbeker vir onder-20’s in Argentinië
Vanaf 20 Mei tot 11 Junie 2023 was FIFA se Wêreldbeker vir onder-20’s in vier stede in Argentinië gehou. Daar word geskat dat meer as 400 000 mense van Argentinië en ander lande die geleentheid bygewoon het, wat drie weke lank aangehou het. Lektuurtrollies was op verskillende tye en plekke opgestel. Omtrent 500 broers en susters het aan hierdie getuieniswerk deelgeneem, en meer as 500 publikasies is geplaas. Die Getuies het baie mense genooi om jw.org te besoek om antwoorde op hulle vrae oor die Bybel te kry.
’n Man wat in die gebied bly, het met die Getuies by die trollie gesels en gesê dat hy dit geniet om na potgooie te luister terwyl hy oefen. Een van ons broers het vir hom jw.org gewys en verduidelik hoe hy ons publikasies in oudio-formaat kan aflaai. Die man het gesê dat hy ons publikasies by sy speellys sal insluit.
Die lektuurtrollies is in nege verskillende tale uitgestal om die aandag van die baie internasionale besoekers by die toernooi te trek. Baie verkondigers het ook geleer hoe om mense in verskillende tale te groet sodat hulle met dié kon praat wat na die trollies gekom het. Een van die broers wat deelgeneem het aan die openbare getuieniswerk, het gesê: “Al die werk wat gedoen is om ’n getuienis te gee aan mense van verskillende lande, het my gehelp om te sien hoe liefdevol en onpartydig Jehovah is. Dit het my baie gelukkig gemaak.”
Dit is interessant dat die organiseerders van die geleentheid Jehovah se Getuies toegelaat het om lektuurtrollies te sit op plekke waar, vir veiligheidsredes, bywoners gewoonlik nie toegelaat word om bymekaar te kom nie. Een organiseerder het oor hulle besluit gesê: “Ons weet dat Jehovah se Getuies vreedsaam is en geen bedreiging inhou nie.” As gevolg hiervan het die sekuriteitspersoneel ’n goeie getuienis ontvang.
Dit is aanmoedigend om te sien dat Jehovah se knegte alles doen wat hulle kan om alle soorte mense te bereik en saad van die Koninkrykswaarheid wêreldwyd te saai. – Prediker 11:6.