Spring na inhoud

Adjunkminister Claudio Romero (links) gee ’n toekenning aan broer Miguel Puchetti (regs), ’n lid van die Takkomitee in Argentinië

31 DESEMBER 2019
ARGENTINIË

Stadsamptenare van Buenos Aires gee toekenning vir 2019-internasionale byeenkoms

Stadsamptenare van Buenos Aires gee toekenning vir 2019-internasionale byeenkoms

Regeringsamptenare van Buenos Aires het erken dat die 2019-internasionale byeenkoms ’n belangrike godsdienstige en kulturele gebeurtenis in die stad was. Op 12 Desember 2019, gedurende ’n perskonferensie oor die byeenkoms, het party van die regeringsamptenare ’n toekenning vir ons broers gegee wat die waarde van die byeenkoms erken het.

Twee regeringsamptenare, Claudio Romero en Federico Pugliese, het Jehovah se Getuies vir hulle werk in Buenos Aires geprys. Claudio Romero het gesê: “Ek wil julle bedank vir julle godsdienstige beginsels. En die vrede en eenheid wat julle het, is baie goed vir die gemeenskap. Ek wil vir julle sê dat ek julle godsdiens respekteer omdat julle gewillig is en toegewyd is aan julle werk. Ek dink dat almal die liefde wat julle aan ander wys, moet respekteer asook die toegewydheid wat julle wys wanneer julle julle oortuigings aan ander leer.” Federico Pugliese het gesê: “Vandag kom julle bymekaar met die aanmoedigende boodskap ‘Liefde faal nooit’. Ek weet julle pas dit nie net by die byeenkoms toe nie, maar ook elke dag omdat liefde julle motiveer.”

Hierdie amptelike toekenning prys die liefde wat ons broers en susters vir hulle naaste het. Wanneer ons sulke liefde wys, is dit nie ons doel om publieke erkenning te kry nie, maar om eer op ons liefdevolle God, Jehovah, te bring. – 1 Johannes 4:8.