29 APRIL 2013
ARGENTINIË
Oorstromings in Argentinië
Rampspoedige flitsvloede het op 2 April 2013 die stede Buenos Aires en La Plata oorstroom. Mediabronne berig dat 57 mense gesterf het. Ongeveer 500 Getuies van Jehovah is deur die oorstromings geraak, en sowat 200 is uit hulle huise na veiligheid gebring. As deel van hulle noodlenigingspogings het Getuies regoor Argentinië meer as 30 000 liter drinkwater, 30 ton kos en honderde matrasse, komberse en kussings gestuur waarby Getuies sowel as mense wat nie Getuies is nie, baat gevind het. Honderde Getuies het aangebied om met die noodlenigingswerk te help. Party het byna 500 kilometer ver gereis om met die opruimings- en herstelwerk te help.
Mediaverteenwoordigers:
Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000
Argentinië: Ángel Mattiacci, tel. +54 15 5424 9071
Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000