Spring na inhoud

Broers wat party van die sowat 400 trollies vol pak sodat dit gebruik kan word gedurende die kampanje.

6 NOVEMBER 2018
ARGENTINIË

Groot openbare predikingskampanje gedurende die Olimpiese Jeug-somerspele vir 2018 in Argentinië

Groot openbare predikingskampanje gedurende die Olimpiese Jeug-somerspele vir 2018 in Argentinië

Vanaf 6 tot 18 Oktober 2018 het ons broers deelgeneem aan ’n spesiale openbare predikingskampanje gedurende die Olimpiese Jeug-somerspele vir 2018 wat in Buenos Aires, Argentinië, gehou is.

Atlete van Sint Kitts en Nevis by die trollies. Honderde stukke lektuur is elke dag gedurende die kampanje versprei.

Meer as 4 000 atlete uit 206 lande het aan hierdie jaar se Olimpiese Jeug-somerspele deelgeneem. Dit word beskou as die wêreld se grootste multi-sportkompetisie vir jong atlete tussen die ouderdomme van 15 en 18. Meer as 6 400 Getuies van Jehovah het aan die kampanje deelgeneem sodat die vele internasionale atlete en besoekers aan die stad ’n geleentheid kon hê om die Bybel se boodskap te hoor. Ons broers het 390 lektuurtrollies op amper 100 plekke gebruik.

Omdat die spele op jongmense gemik is, het die broers gebruik gemaak van die boeke Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk en die brosjure Antwoorde op 10 vrae wat jongmense vra. Lektuur was in baie tale beskikbaar, insluitende Arabies, Chinees, Engels, Frans, Duits, Koreaans, Portugees, Russies, Spaans en Argentynse Gebaretaal. Elke dag is daar gemiddeld 790 publikasies versprei.

Die broers en susters wat aan die kampanje deelgeneem het, was bly om die Bybel se hoop vir oud en jonk te wys. — Psalm 110:3.