Spring na inhoud

2 MEI 2017
ARGENTINIË

Verwoestende stortreën in Argentinië

Verwoestende stortreën in Argentinië

BUENOS AIRES, Argentinië—Tussen 29 Maart 2017 en 9 April 2017 het stortreën oorstromings veroorsaak in die Argentynse provinsies van Buenos Aires, Chaco, Chubut, Catamarca, Jujuy, Misiones, La Pampa, Salta, San Juan, Santa Cruz, Santa Fe, Santiago del Estero en Tucumán. Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Argentinië berig dat nie een van Jehovah se Getuies in die ramp gesterf het of beseer is nie.

Die gebiede wat die ergste deur die storms getref is, was Chubut en Salta. In die stad Comodoro Rivadavia, Chubut, het ’n hele jaar se reën in ’n paar dae geval. As gevolg daarvan moes meer as 60 Getuie-gesinne hulle huise verlaat. Twee plekke van aanbidding, of Koninkryksale, is ook in Chubut beskadig, en nog een in Salta. Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Argentinië het in albei provinsies ’n noodlenigingskomitee gevorm om die noodlenigingswerk, wat nog vir ’n paar weke sal voortduur, te organiseer.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Argentinië: Omar A. Sánchez, +54-11-3220-5900

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000