Spring na inhoud

Jehovah se Getuies preek die goeie nuus by die fietsry-wêreldkampioenskap in Australië

3 FEBRUARIE 2023
AUSTRALIË

Internasionale belangstelling in openbare getuieniswerk tydens groot geleentheid in Australië

Internasionale belangstelling in openbare getuieniswerk tydens groot geleentheid in Australië

Sowat 300 Getuies van Jehovah regoor Australië het deelgeneem aan openbare getuieniswerk in Wollongong, Australië, tydens die fietsry-wêreldkampioenskap wat van 18-25 September 2022 gehou is. Meer as 200 000 besoekers van soveel as 70 lande woon die fietsry-kompetisie elke jaar by.

Die broers en susters het meer as 600 publikasies versprei en baie mense gehelp om die publikasies in die taal van hulle keuse af te laai. Hulle het ook 18 aansoeke vir Bybelstudies gekry. Sedert September het vyf van die mense wat die Bybel begin studeer het, die vergaderinge gereeld bygewoon. Dit is soos een broer gesê het: “Jehovah het regtig die gesamentlike pogings van almal wat betrokke was, geseën.” ’n Ander verkondiger het gesê: “Daar was ’n hartlike atmosfeer onder die broers en susters. Ek het teruggekeer huis toe met ’n pragtige geskenk van herinneringe en groter entoesiasme vir die bediening.”

Ons is bly saam met ons broers en susters in Australië terwyl hulle met trots “die grootheid van ons God [verkondig]!” – Deuteronomium 32:3.