Spring na inhoud

29 NOVEMBER 2019
AUSTRALIË

Melbourne, Australië – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019

Melbourne, Australië – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019
  • Datum: 22-24 November 2019

  • Plek: Marvel-stadion in Melbourne, Australië

  • Programtale: Australiese Gebaretaal, Chinees Kantonnees, Chinees Mandaryns, Engels, Koreaans, Spaans, Tagalog, Viëtnamees

  • Bywoningshoogtepunt: 46 582

  • Aantal gedoop: 407

  • Aantal internasionale besoekers: 6 083

  • Genooide takkantore: Argentinië, Filippyne, Hongkong, Indië, Italië, Japan, Kanada, Korea, Salomonseilande, Suid-Afrika, Taiwan, Verenigde State

  • Plaaslike ondervindinge: Die bestuurder van Ballarat-natuurreservaat het gesê: “Ek kan eerlik sê in die 15 jaar wat ek al by die Ballarat-natuurreservaat werk, het ek julle groep die meeste geniet en is dit die mees georganiseerde groep wat ek al mee saam gewerk het. Baie dankie aan julle en julle wonderlike toergidse.”

    ’n Hotelbestuurder het kommentaar gelewer oor die 340 internasionale besoekers wat by sy hotel gebly het: “Almal het saamgewerk om probleme op te los. Dit lyk vir my na een groot familie en almal praat met mekaar en ondersteun mekaar. Dit was regtig lekker om saam met almal te werk. Ek werk al 11 jaar lank in die onthaalbedryf, en dit is die enigste groep met wie ek al gewerk het wat so is.” As gevolg van sy ondervinding met Jehovah se Getuies het die bestuurder die byeenkoms op die Saterdag bygewoon.

 

Broers en susters verwelkom internasionale besoekers by die ope dag van die takkantoor in Denham Court, Australië, ’n voorstad van Sydney

Broers en susters by die byeenkomsplek

Internasionale besoekers sing saam tot lof van Jehovah

’n Jong suster gee haar ma ’n drukkie nadat sy gedoop is

Broer David Splane, ’n lid van die Bestuursliggaam, gee die laaste toespraak op die Vrydag

Besoekende spesiale voltydse dienaars groet die gehoor vriendelik

Internasionale besoekers neem ’n foto saam

’n Groep susters dans by ’n spesiale geleentheid wat vir die internasionale besoekers gereël is