Spring na inhoud

13 DESEMBER 2019
AUSTRALIË

Veldbrande verwoes Australië

Veldbrande verwoes Australië

’n Getuiepaartjie het hulle huis verloor toe ’n reeks veldbrande regoor Nieu-Suid-Wallis en Queensland, Australië, meer as een miljoen hektaar afgebrand het. Nie een van ons broers en susters is dood of beseer in die brande nie. Geen Koninkryksale en Byeenkomssale is beskadig nie.

Die plaaslike owerheid vermoed dat party van die brande opsetlik deur mense veroorsaak is. Sedert September is ses mense dood in die brande en is ten minste 650 huise verwoes.

Omtrent 200 broers en susters moes hulle huise verlaat, maar hulle kon weer teruggaan na hulle huis toe. Die paartjie wie se huis verwoes was, word deur ander Getuies gehelp. Die gemeentelike ouermanne gee geestelike ondersteuning aan dié wat deur die brande geraak is. – Handelinge 20:28.