10 JANUARIE 2020
AUSTRALIË
Veldbrande woed voort in Australië
Veldbrande hou aan erger word as gevolg van die warmste en droogste jaar op rekord in Australië. Van September 2019 af was daar al vreeslike brande in elke staat van Australië. Die brandseisoen het nou net begin in Australië, maar dit is al klaar baie erg. Die ergste brande is teen die kus en suidelike streke, Victoria en Nieu-Suid-Wallis.
Daar is geen berigte van enige sterftes of beserings onder ons broers nie, maar baie huise en geboue is beskadig, insluitende nege huise wat heeltemal uitgebrand het. Tot dusver moes meer as 700 broers en susters hulle huise verlaat. Baie Getuie-gesinne het besluit om hulle huise te verlaat as gevolg van al die rook van die brande. Party kenners dink dat die lugbesoedeling die ergste is wat dit nog ooit was en dat dit baie gevaarlik is vir mense wat dit inasem. Die meeste broers en susters het besluit om te bly by familie, vriende of verkondigers in gemeentes daar naby wat nie in die direkte pad van die brande is nie.
Die takkantoor van Australasië het twee Noodlenigingskomitees gevorm om geestelike en materiële hulp te gee. Twee kringopsieners en lede van die Takkomitee doen herdersbesoeke en moedig ons broers en susters aan in die gebiede wat geraak is. Al is hulle fisies en emosioneel uitgeput, het baie gesê dat hulle baie dankbaar is vir die opregte Christelike liefde wat ons broers aanhou wys. – 1 Petrus 2:17.