Spring na inhoud

15 FEBRUARIE 2013
AUSTRALIË

Jehovah se Getuies help slagoffers van oorstromings in Australië

Jehovah se Getuies help slagoffers van oorstromings in Australië

SYDNEY—Verwoestende oorstromings het in Oos-Australië voorgekom toe die tropiese sikloon Oswald tornado’s, vernietigende golwe en stortreën in Queensland en in die noorde van Nieu-Suid-Wallis veroorsaak het. Ten minste vier mense is dood en meer as 1 000 is uit hulle huise na veiligheid gebring. Die stad Bundaberg, aan Queensland se sentrale kus, is besonder erg getref, aangesien die storm nie net van die ergste oorstromings in meer as ’n eeu veroorsaak het nie, maar ook vyf tornado’s.

Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Sydney berig dat geen Getuies dood of beseer is nie. Maar ten minste 53 huise van Getuies in Bundaberg is beskadig, wat meer as 70 dakloos gelaat het. Hierdie Getuies, van wie party per helikopter gered is, word deur bure of mede-Getuies in die omgewing gehuisves.

Plaaslike Getuie- ouer manne het ’n noodlenigingskomitee gevorm om noodlenigingspogings te organiseer. In die Bundaberg-streek het oor die 250 Getuies ook hulp aangebied, en party van hulle het meer as 160 kilometer gereis om die slagoffers te gaan help.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Australië: Donald MacLean, tel. +61 2 9829 5600

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000