Spring na inhoud

6 APRIL 2017
AUSTRALIË

Tropiese sikloon Debbie tref Australië

Tropiese sikloon Debbie tref Australië

Op Dinsdag 28 Maart 2017 is die noordkus van Queensland asook nabygeleë eilande deur die tropiese sikloon Debbie getref. Stormsterk winde van tot 260 kilometer per uur het gewaai. Die kategorie 4-sikloon het bome omgewaai en geboue beskadig. Bote is ook totaal vernietig en die stukke het op die strande by dorpies al langs die kus uitgespoel. Sikloon Debbie het ook wydverspreide vloede tot gevolg gehad in stede en dorpe in die suide van Queensland en die noorde van Nieu-Suid-Wallis. Dit het veroorsaak dat duisende mense sonder elektrisiteit gesit het.

Volgens berigte is geen Getuies van Jehovah ernstig beseer of dood nie. Maar baie van die Getuies se huise is deur die sikloon beskadig en een huis is heeltemal vernietig. Twee Koninkryksale (plekke van aanbidding) is ook beskadig.

Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Australië het twee noodlenigingskomitees saamgestel om hulp te verleen deur kragopwekkers en kos en water aan slagoffers in die rampgebied te voorsien. Plaaslike Getuies staan hulle mede-gelowiges ook geestelik en emosioneel by.

Die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies koördineer die noodlenigingspogings vanaf hulle wêreldhoofkwartier. Fondse wat aan die Getuies se wêreldwye predikingswerk geskenk is, word hiervoor gebruik.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Australasië: Rodney Spinks, +61-2-9829-5600

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000