Spring na inhoud

15 FEBRUARIE 2019
AUSTRALIË

Verwoestende oorstromings in Queensland, Australië

Verwoestende oorstromings in Queensland, Australië

Swaar reën het groot oorstromings in die noordooste van Australië veroorsaak. Duisende inwoners moes hulle huise verlaat as gevolg van die oorstromings. Dit het groot skade veroorsaak aan eiendom en daar was ook kragonderbrekings.

Die takkantoor van Australasië het laat weet dat 58 verkondigers van drie gemeentes as gevolg van die oorstromings by familielede of ander Getuies moes gaan bly. Altesaam tien huise van ons broers is oorstroom, waarvan twee verwoes is.

Die takkantoor het ’n noodlenigingskomitee aangestel, en die kringopsiener en plaaslike ouer manne besoek en ondersteun die verkondigers wat geraak is. Ons bid dat ons broers en susters sal aanhou om te volhard en dat hulle vertroos sal word deur hierdie liefdevolle herders. – 1 Petrus 5:2.